vir
Gedigte
geluid van geloof
my duin was vir weke stil
golwe het gekom en gegaan
meeue het gesweef en bestaan
daaglikse verkeer was maar stil
iewers oor ‘n duin val daar ‘n traan
elke mens het sy eie smarte en wil
hang af hoe donker is dag se bril
gister was daar en vandag taan
oor my duin kom musiek
van vrolike kinderstemme
versag mos seer se lemme
geloof skryf helder die liriek
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.