Sandappelgeurtjies…
Ai, ek dink aan die speellekkerjare
in my grysigheid se wordende ryp
want sandappelgeure verstil die tyd
en strooi verlange só wyd en so̒ syd.
Hoor die gebons van my rietperd se hart
as hy jou weerstand met minagting tart.
Hoor ook hoe sag trap jou rietperd haar spoor
en knyp vas om nie nou jou saal te verloor!
Tesaam storm ons die liefdespad oor
en voel hoe wílgraag jou rietperd verloor
teen die speulse runnik en spulse gelag
van my perd wat in jou hawerland wag…
Heel later die aand (die son reeds gekooi)
het ons winterkaros eenkant gegooi
om in sinlike omhelsing te smag
en kindnog vir opvolgbranders gewag…
(Ja, so verstil sandappelgeure my tyd…)
8 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Heel later die aand (die son reeds gekooi) het ons winterkaros eenkant gegooi Hou hiervan mooi gestel.
-
Anze
wow.. dis nou nostalgies.. PRAGTIG!!!
-
Amaspoke
Uitstekend. Ek stem saam met Evelyn.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig gestel maat