Genade Here Genade
Genade Here , Genade
En nou bly geloof, hoop, liefde, hierdie drie;
maar die grootste hiervan is die liefde. (1kor 13:13)
Maar Here die ou kindjie is wreed vermoor
hoor die skok gejammer wat koor tot U oor
by aanskouing en terugsteiering soos met stang
en ingehoue toom die pyn afwerend wrang!
GENADE HERE GENADE vir die hart so seer
wat bloeiend die wraak uitsnik en sweer!
U sê die grootste hiervan is die liefde?
Maar die oumense is gruwelik vermoor
onwaardig in die grysheid in onmag versmoor
regverdig is dan die woede opbruising
oor wrede vertrap en verguising!
GENADE HERE GENADE vir die onstuimige hart
in blinde woede graniet verhard!
U sê die grootste hiervan is die liefde?
Maar in eie huis fisies en verbaal verneder
waar die liefde moet verteder
en by die werk geintimideer onseker
van die daaglikse brood nie meer seker—
GENADE HERE GENADE vir die huis se liefdeloosheid
en die werk se kille uitsigloosheid!
U sê die grootste hiervan is die liefde?
Maar waaruit moet jy die liefde tap
die self reeds leeg getap
met ‘n hartseer verslaenheid
oor verlies se verlatenheid!
GENADE HERE GENADE vir die bitter geslae
hart se pyn en verdriet rebels gedra!
U sê die grootste hiervan is die liefde,
En “ Vader vergewe hulle
want hulle weet nie wat hulle
doen” MAAR GEE ONS DAN KRAG oneindig groot
om U bomenslike woorde te kan verwoord
en GENADE HERE GENADE om as gegriefde
te kan beaam “ die grootste hiervan is die liefde”
As ons by die wiegie staan
die wonder van ‘n nuwe bestaan
of by ‘n geliefde se stil heengaan
verlos van pyn se vergaan
en barmhartig is in ander se broodnood
die mindere nie verstoot,
DAN IS DIT GENADE HERE, GENADE,
en LEEF ons die liefde as die grootste genade!
Janetta – Helena ( Babs) ©
3 Kommentare
-
-
Amaspoke
Pragtige werk, ek stem saam met Anze.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe tannie Babs hier pragtige gedig laat my met n knop in die keel!!!!