Selah
Die son se laaste strale
stook vuur in die wolke
met oranje verfkwashale
blus dit in die blink gepoetste weerkaats
van die waterstroom
waar ek net vir ‘n oomblik
oop-oog sit en droom
so asof dit weet die uitspansel
moet wyd oop wees vannag
sodat jy in die doflig van die sterre
deur die kronkels en die draaie
van my hart se labarint
die handvol klein wit klippies
daar gelaat vir jou
mag vind
©️Elize Kruger
20 Februarie 2022
6 Kommentare
-
Elizabeth
Pragtig beskrywend liewe Elize.
-
morne du preez
Pragtig. Ek hou van jou eerste versreëls van strofe een en dan hoe jy dit so nostalgies eindig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek