Jongste aktiwiteit:

sirkel


soos ons weerpatrone
seisoenaal in sirkels rondskuif
so skuif mag in die hande van nasies
magtige nasies soos die romeine
karthagiërs en supermoondhede
eers bou die mag op tot hoogste
dan verval dit jammerlik

soos gewoontes en kulture
deur die eeue wisselend verander
gemaal en verskeur deur allerlei invloede
eens heilige idees van geloof, hoop en liefde
word saam met die badwater uitgegooi
soos sikloniese veranderinge gebeur
die mens is maar ‘n bewende wese

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak