skilder
Skilder
Lets find a beautiful place to get lost – anon
Skilder vir my jou mooiste huisie
teen sandduin en brander se woel…
Verf ‘n bankie reg voor die deur
en voete wat swaai in die spoel…
Kom sit dan by my
reg langs die hunker van my lyf…
Speel met jou vingers
deur die krul van my haar,
fluister wanneer jy praat,
vertel my jou geheim,
dat ek kan weet
en myself net daar,
langs jou vergeet
@Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.