Jongste aktiwiteit:

Wie ken ñ moederhart?

Van moederskoot tot groot
hardloop jy van ouds
met jou moeder se hart oop
vir die wêreld om te sien

van kleins af het liefde jou omring
het sy haar gunstelling liedjies
aan jou voor slaaptyd gesing

sy het haar alles vir jou gegee
selfs al was sy moeg
en jy soek na meer

sy het haar knieë nerf af gebid
haar Jesus gevind tussen deur
die gelag en die gehuil

alles het sy vir jou gedoen
sonder om te weet
hoe sy dit moes doen

met geloof en liefde
het sy jou lewe gevoed
trots jou mylpale saam jou gevier
en jou vloermoere verduur

sy het haar hart uitgestuur
die wêreld in
geloofwaardig dat jy as jongeling
jou vlerke sal sprei
en jy jou plekkie in die son ook sal kry

ñ moederhart ken die kortpad
na Jesus se hart.

© 2018 C.Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed