Jongste aktiwiteit:

Skryf My Naam

SKRYF MY NAAM

Skryf my naam in die stof op jou boekrak.
Los vir my ‘n nota in ABC-Noodels van jou sop wat prut.
Maak my die stadige aanraak in jou Slowdance.
Laat my gebore word in die vlam en vuur van ‘n PasoDoble.
Stem my die rou akkoord van ‘n smeulende kitaar.
Laat my die neuriewoorde wees van ‘n saamsing-liedjie op die radio.
Soek my iewerster in die stukkie uitgeskeerde bladsy van ‘n ou dagboek.
En steek my weg in die weerlose joernaal van jou hart. Of.
Of sag in die nes van n Fairyflycatcher.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jy vandag die tower-penveer van ‘n rêrige engel binne-in jou hart optel.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed