Skuimwit branders
Verlang ek na die see, om van poeletjie na poeletjie te spring tussen die rotse. Die sand die
plantegroei, die gedruis van branders, die ouwêreldse sjarme en die antieke strandhhuise. Ek mis
die talle soorte skulpies wat met ‘n gety in ‘n lang strook op die sand agtergelaat word. Ek dink aan
die oesters wat ons so oopgebreek het, en dit behoorlik geniet het.
Noudat die regulasies van die Covid 19 inperkings reëls heel moontlik weer verslap gaan word na
level 3, word die verlange net groter en groter. Die branders wat breek ry op ry met kruine
skuimend wit, die ritmiese speel wat die storms in jou kop laat bedaar.
Dit was voorwaar ‘n
groot skeppings’plan van God om die mens weer heel te maak, solank daar sand en branders
is maak niks anders saak. Wat is dan nou lekkerder om enige vrees op so manier te verdoof.
Diep-oseaan, die volle son, en ’n hele handvol vrede. Ek voel die sagte seebries deur my hare
waai, die gedagte van soel lenteskemering hang soet in die lug kan dit amper ruik deur die katoen
masker wat mens so gevange hou vir reuke en geure.
My hart roep bonsend en bruisend na stukkies herinneringe wat
soet om my vou. Na warm sonstrale, rooi-oranje sonsondergange, kos en wyn en lekker
samesyn, alles dinge om sommer jou gemoed weer op te beur.
Drawwers, hengelaars, spelerige brakkies, bejaardes, kleuters wat sandkastele bou, ek leun terug in
die stoel, verbeel my ek’t ‘n wonderlike uitsig oor skulpwit branders. Na hierdie lockdown is ek gereed
om nuwe horisonne te verken, nuwe herinneringe te maak en brûe oor te steek van die bekende na
die onverkende.
Maar vir nou bid ons om hier en nou te kan leef en te oorleef. Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal alles weer normaal voel en lyk.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek