Jongste aktiwiteit:

SLAAPTYDSTORIE

SLAAPTYDSTORIE
Huh-uh, hierdie is nie een van daai verspotte stories wat die Grimboeties uitgedink het nie….. Natuurlik was dit eers verspot gewees; jinne!
Ek het nie erg aan simpel meisiekinders wat gifappels eet, en by beertjies se huis inbreek, en hulself deur `n spinwiel laat steek om ‘n leeftyd om te slaap nie. Ek het hou van feetjies wat in Liewe Jesus se baard kan wegkruip en kaboutertjies wat doudruppelkoeldrank kan maak.
Maar ek wed jou jy’t nie geweet dat Cinderella eintlik…. Uhm – kyk, nê; sy is mos Sneeuwitjie se aaklige stiefma wat haar as slavin aan die 3varkies verkoop het – vir die paddaprins se goue bal – omdat sy nie met die ondier van Beauty and the beast wou getrou het nie; maar liewersters saam met die 3beertjies by Hansie en Grietjie wou gaan speel het wat besig was om koek te bak vir Repelsteeltjie se ouma wat wou trou met Jan van boontjierankfaam.
Maar jy mag glad nie eers die skinderstorie oorvertel nie, cause why omdat en oordat ‘n Sho’t Leftengeltjie dan aspris op jou tong gaan piepie en dan gaan hy eers mos afval.
DIE EINDE
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en saggies doedoe vanaand, veilig in die sloep van Sy ewige Wees.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed