
Sluipende Tyd
Sluipende tyd
Die tyd
O, die sluwe onsigbare tyd
se gang is geluidloos en so
sag en meedoënloos soos
die kat se leopard crawl wat
dan skielik op sy prooi toesak
want skielik besef jy baie jare
is verby en die aftrede ophande – – –
Die tyd het jou stil stil bekruip en
op dag en datum gaan dit toeslaan.
Jy ontruim jou lessenaar en trek
vir oulaas die deur agter jou toe,
maar tyd se gang word nie gestuit
jy betree die laaste fase – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.