Sonder winter
Wit lê die ryp op die gras, heeltemal in kontras met die stomende warm beker koffie tussen my hande toegevou. ‘n Koue wind waai deur my lyf, en my gedagtes krul op tussen ‘n hoop droë blare op die grond. So is elke verhouding ook, sommiges bly groei ander gaan gou dood. Dit is soos blare wat afval van ‘n eens mooi groen boom, gevoellens droog uit en word deur die wind weggewaai.
Ek wonder soms hoe sou die lewe gewees het sonder winter. Sou daar ‘n leemte gewees het in die ander seisoene wat oorbly?
Sou daar nog voëls wees, diere, insekte, self skoenlappers wat rondvlieg, en sierlik fladder in die tuin. Sou die somerson nog so warm skyn, en sou die lente se prag verdwyn. Sou herfs maar net doelloos sy blare in die wind verkleur, sonder rigting verlore in tyd.
Vandag voel ek opgewonde in my hart, en ek kyk verby die vaal. Ek sien die mooi raak, spierwit sneeu op die berg, ‘n kaggelvuur wat knetter in die sitkamer.
Die koue blou-blou hemel kraak vars deur die boom se takke, wanneer die voëltjies luidrugtig daarop gaan sit.
3 Kommentare
-

Kiekies
Nou wonder ek ook???
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek