Jongste aktiwiteit:

Winterhart

Winter vou my hart warm toe, sodat die koue dit nie doodryp nie. Maak my oë sag sodat ek die mooi kan raaksien, al lyk alles so vaal. Vou ‘n warm winter kombers om my, en trek wol kouse oor my voete aan.

Here maak my winters’mandjie vol met nuwe hoop en krag, en maak my hart weer nuut.

Hoe mooi lyk die spierwit sneeu op die berg, die yslaag wat blink in die oggendson op die gras. Dit is ‘n tyd om jouself te bederf, te koester met warmte teen jou lyf. Krul jouself op in ‘n wolkombers, en lê langs ‘n kaggelvuur.

Maak die winter lekker, maak dit snoesig warm en geniet elke oomblik daarvan.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed