Jongste aktiwiteit:

soos van digitale skerm

Soetlief, ek stuur vir jou ‘n emoji-kode SMS
want niemand sal ‘n boodskap wat emoji is lees nie.
Ek gooi my emoji-kode SMS in geheime taal
en ek weet die kuberkraker sal dink dis die prentjies.
Sien, my SMS kom deur en my SMS gaan in
en waar hy sweef daar flikker golflengtes
en data word minder
en hy helder my boodskap so emoji oor jou gesig

Want my LED liefde sein saam met jou,
my LED liefde moet soos ‘n slimfoon by jou wees,
soos digitale skerm, verslawend soos ‘n slimfoon.
Jy moet aan my LED liefde bly dink
soos van digitale skerm waarmee jy nie kan tik nie

© Roeline van Schalkwyk

‘n Pastiche van soos van vlerke van Breyten Breytenbach

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug
en ek weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
ek hy kleur my boodskap so rooi oor jou vel

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ‘n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed