Onvoorspelbare lewe
skoonwit vlerke
is simboliek van vrede
blinktrots borste uitgestoot
is gevestigde hoop
pienk pote wat sterk is
dra sielsekerheid briewe
skerp-rooi oë wat niks mis
praat toegewyde liefde
maar
swart kraai sit langs wit duif
krasgeluide vreet troosgeluide
steel almal se geluk
bring bitter dood
swartheid van kraai versmoor
vrede en hoop en liefde
lewe is onvoorspeelbaar
© Roeline
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.