Sterk staan
- Storms
alleen in my skuiling
waar hartseer my beklee
verdrink trane in my oë
my wonde lê verskeurwoeste waters verslaan my
in geskarrel tussen branders
veg ek vergeefs teen ellende
my brose siel kom tot sterwetyd tik genadeloos verby
uitgeput lê ek in stilte
hef my bedroefde oë na bo
my angsgeskree eggo om mybewende hande steek ek uit
ek is in diepe ellende Heer
U het al op water geloop
laat U getroue hand my opraapvolg net my getroue woord
draai jou weg van storms
ek sal deur vloede vir jou swem
dan sal jou siel nie sterwekopiereg- Emsa Haasbroek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek