Stille omwenteling
grou is die nag
geklee met swart
skyn die maan
op een kol gedaan
asemrowend U
skeppingswerk
raak gedagtes
gevleg in bewondering
aan ‘n lig gevorm
in stik donker norm
alom maan bepeins
ek U Almagtigheid
en word die besef
van U teenwoordigheid
groot met gedagtes
wat tol om die wereld
kan mens maar ophou
wetenskaplike terms
indwing in U werke
in hemelruim aan ons bekend
vasgevang is my oë
aan God hier bokant my
veilig beleef ek Sy
gees hier binne my
Louisa van vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.