Jongste aktiwiteit:

Straatkinders langs die see

STRAATKINDERS LANGS DIE SEE

As die oggendson se straalvingers lui lui vee
oor koerantkomberse in ‘n ry teen mekaar
met klein lyfies koud na die nag se ineenkrul
terwyl die Kaapse mis lig oor die see
met hongerpyne van die vorige dag nog nie opgeklaar
en vol vuilisdromme deur die dag leë magies gaan vul

kindjie … een van so baie… die sterre en maan is snags jou plafon
die sandmatras hard en koud
verslete kleertjies skeef vuil geskeur
as die wind weer reën en son
genadenloos lyfies brei en saans is jou stort water vol sout
geen seep waslap handdoek met n staysoft geur

kaalvoetjies brand op teerpad en warm sand
koes koes verlee op die strand tussen baaiers deur
kyk honger na vol kiste gepak met eetgoed
honger handjies bedel vroeg oggend al bakhand
word weggejaag en woorde wat jou klein hartjie skeur
honger magie bly leeg…hongerknaag … ongevoed

die straat is jou weg na die toekoms van môre
kronkel na niemand weet waarheen
kennis maak met snuif of drugs se vergeet
uit verlorendheid eensaamheid sonder ouershuis gebore
waar klein hartjies rigtingloos traanloos ween
en nie van etiket en beter weet weet

het ouers jou versaak of weggejaag
beneweld sleg dronk werkloos gewetenloos
of is hul self ineengekrimp skaam sonder raad en huis
weet hulle vol kommer nie wanneer jy weer tuis gaan opdaag
jou dag sonder sukses sonder kos steeds dakloos
Straatkind jy dra kindalleen sonder keuse jou bedelkruis…

vuil vol asdromme kon nie leë magies vul
hongerpyne van die dag nog nie opgeklaar
terwyl die Kaapse mis saggies neerdaal oor die see
gaan lê klein lyfies styf styf teenmekaar opgekrul
pak koerantkombersies in ‘n ry teen mekaar
as die son ondergaan en donkerte oor eensame kinderlyfies vee

Kopiereg Linda du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak