
taan – goud
–
op koue herfs oggend
by staanplek in Skotse
hoogland park bibber
en vryf ek my hande
–
oggend koffie warm
in beker wat hande
net effens wil verhit
blaas ek wasem uit
–
teen baie steil hang
staan plate goudgeel
bome wat sonstrale
weerkaats in taan
–
my gedagtes verewig
verf met unieke kleur
van herfs in Skotland
–
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek