
Die blaar en my liggaam
Hoe vind jy jouself in die donkerte alom
wat knaend en leweloos vir jou probeer omvou
En aanmekaar los stukkies toue en punte aanbied
om te knoop tot manifestasie en vervulling van jou illusies?
Hoe bring jy jouself tot die aanvaarding en definisie van jou liggaam as wie jy werklik is?
Of nog beter en liewerste, waar jy mag vertoef vir oomblik?
Te midde die werklikheid van dimensies en planete tot jou beskikking in n oogwink van jou eie gedagtegang!
Die antwoorde tot die vrae kan nie beskikbaar wees binne n raamwerk van beperktheid
Terwyl dit die oneindigheid van die sonlig en sonkrag probeer peil nie!
Hoe help jy jouself aan die slaap, tegelykertyd suiend aan die wortels van jou ego?
Geboorte en dood kon nooit met iemand gebeur het nie!
Die blaar in sy lewens-siklus vertoef tog maar ook vir n oomblik, wetend dit is deel van die ewigheid
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek