Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Kompetisies"

in vroeë stryd strek spiere in die lyf, manne plesier die prys warm bloed spoel dan skoon die lyf, ego alleen die prys vel sweet trek styf om die lyf, suur kristale die prys baklei plesier grendel die gestel, koeëlvastebaadjies die prys

– silwer soom blink wit voor helder blou golwe waardeur die ski dolwe oopgesper op wilde rit – op pad na spoed limiet rek en gooi my lyf rigting sagte hand van versugting horison verdwyn in niet – ewig deinend golwende see aanhou tot wenstreep verby dreineer frustrasie aller wee – ©Teãrlach

Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]

wind druk voorarm hare terug afdraand teen berg rand stylte sonder ent laat fiets skiet oor rots beheer verlore remme onvanpas brand deur velling gewig druk voorentoe wit vingers klou berge staan vir ewig stil styl geen vinnige momente dan in sekondes die sieklike tranedal

lere staan eenvoetig fondasies onseker skiet arrogant die hoogte in lere skiet parallel sporte vas gegespe dubbel in staal geskroef skyns son toe eerste tweede sport versekerd hoër op teen die skyns onderstok swaar te krag wankel die onderstok kop woel maag kramp die taak is te hoog vir my

alle paaie na ander horisonne is uit grond geskraap toe glad geteer in swart trappe rol na wawyd oop marmer ontvangs sale uithangborde adverteer nuwe giere krediet kaarte brand in geïrriteerde sakke tou die drang om voor te kom skade te berokken in elke sak by buurman is krediet dinge om jaloers te beny alles […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed