
Versugtingspaaie
alle paaie
na ander horisonne
is uit grond geskraap
toe glad geteer
in swart
trappe rol
na wawyd oop
marmer ontvangs sale
uithangborde adverteer
nuwe giere
krediet kaarte
brand in geïrriteerde sakke tou
die drang om voor te kom
skade te berokken
in elke sak
by buurman
is krediet dinge
om jaloers te beny
alles totaal oorbodig
by eie huis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.