Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

INK dig- en skryfkompetisie 2022

HIERDIE KOMPETISIE IS NOU GESLUIT

  • * * *

INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2022

15 Februarie 2022 – 30 Junie 2022

Kom gee vlerke aan jou woorde!!!

 

Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 3, INKSPRAAK 3 JEUG, en INKSPRAAK 3 KORTVERHALE.

Die FAK (http://www.fak.org.za/), AfriForum (https://afriforum.co.za/), https://groep7.co.za/af/tuiste/ , Academy  Bushware, Taalmonument (Groen Galery) http://www.taalmuseum.co.za/groen-galery/  Soladariteit https://solidariteit.co.za/ Pharos https://www.pharosonline.co.za/ GROEP 7 http://www.groep7.co.za/ Afrikaans.com https://afrikaans.com/ en Historium Trust is  van ons hoofborge en die top wengedigte sal in 2023 in hulle tuin uitgestal word. Maroela Media https://maroelamedia.co.za/ Litnet https://www.litnet.co.za/ en FAK se Flinktydskrif gaan dan ook mediadekking gee aan die wenners.

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste (www.ink.org.za) om meer oor INK te lees.

Reëls:

1.Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Dit is ‘n internasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur, maar deelnemers is welkom om ‘n gratis profiel op die INK-webtuiste te registreer. https://ink.org.za/registreer/

2.Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte en kortverhale van deelnemers mag ingeskryf word. Geen inskrywings mag ook vir enige ander kompetisie gebruik word nie. Slegs nuwe en ongepubliseerde werk  mag ingeskryf word. Werk wat ingeskryf word mag ook vir GEEN ANDER kompetisie ingeskryf word nie, indien daar van die INK wenners met dieselfde inskrywings in ander kompetisies met dieselfde inskrywing wen sal die INK toekenning verbeur word en verwag word dat die pryse teruggegee word.

3.Geen gedigte of kortverhale waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander gehou word, mag ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname.

3.1        Volwasse digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Daar is geen tema nie, volg dus net jou hart. Die inskrywingsfooi beloop R30 per gedig. Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie). Indien jy onder 25 jaar oud is kan jy asb. net ‘n nota by jou inskrywings sit sodat ons toestemming het om ook jou werk aan die FAK vir die EKSPO te mag voorlê.

3.2        Skoliere (Jeug) kan soveel gedigte en/of kortverhale instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsgelde beloop R30 per gedig en R50 per kortverhaal (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal). NB: Alle inskrywings van die Jeug gaan ook by die FAK voorgelê word vir die Afrikaanse ekspo. Ouers/Voogde moet dus toestemming gee dat die inskrywings wel met FAK gedeel mag word (inskrywing vir ekspo is gratis) Maak asb duidelik ‘n toestemmingsnota by ELKE inskrywing wat ook aan die FAK ekspo mag deelneem

3.3        Volwasse Skrywers het ’n oop tema. Inskrywings is onbeperk en skrywers kan soveel verhale instuur soos hulle verkies. (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal) Inskrywingsgeld beloop R50 per kortverhaal. Indien jy onder 25 jaar oud is kan jy asb. net ‘n nota by jou inskrywings sit sodat ons toestemming het om ook jou werk aan die FAK vir die EKSPO te mag voorlê. Font: Arial groote 10

 

4.Inskrywingsgeld moet in die volgende rekening inbetaal word met die digter se naam en van as verwysing:

FNB – Modimolle

Ink in Afrikaans

Besigheidsrekening

Rekeningnommer: 625 885 95036

Takkode: 260 247

Stuur asseblief ’n bewys van betaling saam met jou inskrywing/s na skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Hierdie jaar gaan ons slegs 1 afdeling gebruik vir die digters, naamlik Vry vers. Daar is dus geen voorskrifte of temas nie en elke digter kan sy/haar unieke stem uitbring in hulle gedigte (die hoeveelheid inskrywings is onbeperk). Alle inskrywings moet NUWE werk wees wat nog nooit op enige platform of ander publikasies (Facebook ingesluit) gepubliseer is nie. Gedigte/stories mag ook NIE vir ander kompetisies gebruik/voorgelê word nie.

5.Die inhoud van die gedigte en kortverhale mag oor enige onderwerp handel. Gedigte en verhale moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Taalvermenging word slegs aanvaar indien dit in die konteks van die boodskap, soos die digter dit wil oordra, van toepassing is. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.

6.Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie.

7.Elke inskrywing moet gestuur word in ’n aparte Microsoft Word-dokument na die volgende e-posadres: skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

–           Die onderwerp (subject) van die e-pos moet duidelik gemerk wees: Ink  Kompetisie 2022 + die digter se naam en van soos dit in die Bloemlesing moet verskyn.

–           Elke gedig/verhaal moet van ‘n titel (in drukskrif/bold) voorsien word.

–           Font: Arial

–           Groote: 10.

–           Kleur: Swart op wit agtergrond.

–           Spasiëring: Enkel.

–           ‘n Oop lyntjie moet tussen strofes gelaat word.

–           Moenie elke versreël (by gedigte) met ‘n hoofletter begin nie, behalwe as die gedig doelbewus so geskryf is.

–           Moenie foto’s of prentjies aanheg nie.

–           Gedigte met lang verduidelikings onderaan sal gepenaliseer word. ‘n Kort verwysing na ‘n woord of term (bv. ‘n Latynse frase) is wel toelaatbaar.

–           EEN gedig/verhaal per word.doc (AS jy dus meer as 1 inskrywing stuur, moet elkeen onder jou naam met die titel van jou gedig/verhaal gestoor word. BV: Sarie: Toorbos)

    •    so ook EEN kortverhaal per word.doc asb.
  • INDIEN JY ONDER 25 IS GEE OOK ASB ‘N AANDUIDING EN TOESTEMMING OF ONS JOU INSKRYWING MAG INSKRYF VIR DIE FAK SE EKSPO

8.Die volgende inligting moet onderaan elke gedig/kortverhaal verskyn:

  • Die skrywer/digter se naam en van;
  • Die dorp/stad waar hy/sy woonagtig is;
  • Die kontaknommer en e-posadres van die skrywer/digter; en
  • Die afdeling waaronder die betrokke gedig ingeskryf word.
  • Die inskrywing moet duidelik gemerk wees: Volwassenes of Jeug/Skoliere / Gedigte of JEUG moet asb ook aandui of hulle werk wel vir die FAK ekspo aangestuur mag word (dit sluit kortverhale sowel as gedigte in).

(Let wel: Deelnemers se name en adresse sal nie aan die beoordelaars getoon word nie. Alle beoordeling word anoniem hanteer.)

 9.Beoordeling: 

– ‘n Onafhanklike paneel wat die INK moderators, Karen Zoid, die bekroonde skrywer Jackie Nachtegaal, Ian Raper, Francois Terblanche en ander insluit, sal die inskrywings beoordeel. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

10.Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie spesifieke afdeling aan te wys nie.

11.Die prysgeld beloop soos volg:

Algehele Wenners:                               R4 000 + ’n trofee

Naaswenners:                                       R2,000 + sertifikaat

Derde plek wenners                             R1 000 + sertifikaat

Vierde plek wenners                            R500 + sertifikaat

Vyfde plek wenners                              R250 + sertifikaat

 

DAAR IS DUS ‘N TOTALE PRYSGELD VAN R30 000 OP DIE SPEL.

Daar gaan ook vir 4 DIGTERS/SKRYWERS ‘n publikasie van jou eie bundel deur Groep 7 op die spel wees, wenner sal deur Groep 7 gekies word.

PHAROS skenk ook ‘n geskenkpak aan 4 digters/skrywers.

12.Die beste gedigte en kortverhale wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, word in die onderskeie publikasies gepubliseer. Weens hierdie rede gee deelnemers toestemming vir publikasiereg aan INK asook die uitgewers ten opsigte van die gebruik en publikasie van enige gedigte/kortverhale wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word. Deelnemers gee ook toestemming dat hulle werk taalkundig geredigeer mag word vir publikasie. Elke deelnemer behou te alle tye kopiereg op sy/haar werk.

13.Prysuitdeling: Die bekendmaking van die wenners, die oorhandiging van die pryse, en die bekendstelling van die bloemlesings INKSPRAAK 3, sal tydens die jaarlikse INK gala-aand op 12 November 2022 (Venue sal later bekend gemaak word) in PTA geskied. Kort daarna sal die wenners ook op sosiale media bekend gemaak word.

14.Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2022. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie, ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die inskrywings te werk.

15.Navrae kan gerig word aan skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Onthou inskrywings is onbeperk!




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak