Jongste aktiwiteit:

Teenstelling

Versugting Deernis
Weet jy wie is ek
of het ek opgehou bestaan
jy het my dan self verwek
al verdwyn my naam in die ouderdomswaan
al wat jy nou kan onthou
is om weer te vergeet
totdat jy uiteindelik nie jou
of my naam meer weet
alles word uit jou geheue gevee
sodat ons albei, ek en jy
reeds aan die vergetelheid oorgegee
dan ewig vir jou vreemdelinge sal bly
ek wens dat ek kan hoor, ek wil dit so graag hê
dat jy net een maal nog my op my naam kan sê
Weet jy wie is ek
al onthou jy nie meer my naam
jy het my dan self verwek
en my gelei in my bestaan
ek wil nooit vergeet om te onthou
om klein grepies uit die verlede
en ook die geringste herinnering te behou
sodat ons, ek en jy,dit kan herleef in die hede
al kan dit net ‘n oomblik jou verbly
ongeag of jy dit gou weer vergeet
jou dalk net ‘n stonde van die newels bevry
om te voel asof jy dit altyd nog weet
ek wens dat ek, wanneer die verlede twyfel in jou lê
daar is om jou dan op jou naam te sê



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed