Jongste aktiwiteit:

koue

my duin is koud
werklik die grootste
eufemisme van hierdie jaar
spierwit vries die wit sproei
sweef soos ysreën uit wind
my liggaam krimp duime
longe brand van koue
maar leef moet ons
die see vra dit
die meeue
sê dit

winter is ook
mooi en dalk hard
maar, en maar, ja maar
somer is darem beter
as skapies halflyf
in sneeu staan
die maan
skaam
loer
en
vries

dan word bokke
van skape geskei
koring van die kaf
ernstiges van laf
reën van sneeu
krap en meeu
water en vuur
tyd by die uur
dae by die week
maande by die jaar
tot die koning verjaar

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak