kringe in die lig
deur misgordyn is daar ‘n kring soos ‘n kroon om die son wanneer die kroon van skepping homself wil kloon verfynde etimologie span kroon omkring virus kringe vorm duidelik mens word verloën beloon ©Teárlach
fyt in die feit
dit is ‘n feit soos ‘n koei daar is ‘n koei met ‘n fyt watter een wil jy van weet ek het albei reeds vergeet ©Teárlach
‘n Oomblik
tussen die eendag-hopies van my “as”drome moes my eie hart breek sodat ek die soet van my pyn kon proe dis in die bitter nasmaak van my lot waar die waarheid lê “jy is meer werd as jou verlede” elke hartklop eggo my ewigheid voel ek weer h e e l want in ‘n oomblik […]
Ek begrawe vir jou ‘n storie
Dis die tiekies op die spoor- “wat is ‘n tiekie?” sou jy vra; die klein-bietjie-liefde, ‘n knippie sout, ‘n bietjie blou opgevou om té hou. “Wat nog” sou jy sê ‘n hardeskyf met liedjies en prente van diertjies en allerande goetertjies- ‘n sonkrag herlaaibare arsenaal als op digitaal-dis hoe hy werk. ‘n Doos gemerk ‘spesiaal’- […]
aptyt
mistige oggende weskus herfstyd tyd vir stil warm dae soms hewige winde maar ook rustige tyd my duin rus ook min aptyt vir onlus geniet geruis van see ligte soutsmakende bries ook aaptyd vir ons strandlopers met min voortande dans ‘n riel vir witmossels skerts en vroetel tone terwyl aaptyd heers en aptyt brand aptyt […]
arm van gees
soms, wanneer daar geen wind oor die fynbos duine waai nie sit ek sprakeloos en kyk na die hemelse krag van vorm en skep soms wanneer my hart stil word en geen gedagtes wissel nie nederig in afhanklikheid van die hemelse krag wat my vorm my gees galop in vreugde oor my afhanklikheid van Hom […]
stapelvis
gespan soos die snaar van ‘n boog hang daar vissies in sonlig en droog spierwit van sout en verkoop by ton strandloperskos, hulle van afrika son gedroogde vis vir afrika en bokkoms kariba tot by die weskusser se afkoms kapenta, harders en skoolvis omhoog miljoene visse, genet, gesout, gedroog voedsel vir daar waar beeste nie […]
skadu
duine se skaduwees lê ver gerek oor strate van fynbos en blou see elke detail word daarin vervat elke ronding en rotspunt mense se skaduwees rek swart oor ander wat om hul beweeg elke detail van donker dade elke duister gedagte klein kinderjies gooi soms lig oor mense wat lig kan sien elke detail van […]
Lag is die beste medisyne.
(Brons) Lag is die beste medisyne. Ek hoor nog die oumense met die sê-ding: “Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen.” As kind was dit vir my nogal vreemde begrip om te verstaan, want sien: as jy huil wil jy mos darem nie heeltemal alleen sit en huil nie. Wel, nou […]