aptyt
mistige oggende
weskus herfstyd
tyd vir stil warm dae
soms hewige winde
maar ook rustige tyd
my duin rus ook
min aptyt vir onlus
geniet geruis van see
ligte soutsmakende bries
ook aaptyd vir ons
strandlopers met min voortande
dans ‘n riel vir witmossels
skerts en vroetel tone
terwyl aaptyd heers
en aptyt brand
aptyt vir nuwe stories
miskien gebring in aaptyd
soveel kleure van reënboog
verf helder pastel kleure
teen dowwe gedagtes
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.