Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Die Lewe"(Bladsy 102)

hoog uit die blou hemel klink daar trompet geskal eentonig draal dit om en om uit donker wolke kom daar geruis van vlerke wat alles oorheers en verdof vlerke wat skaduwees gooi oor berg en dal oor duine en dale hardloop hulle soos rooimiere wat nie weet waarheen soek na gate en grotte wat hulle […]

Onder wind verwaaide bloekoms lê graf 216 langs duisende andere, uitgemyn, verniel in Afrika. Kinders gevoed op goud gepluk met bloed met geen geheue of begrip, staar uit op groen velde in Engeland. In garing dun kombers gehul teen koue honger ń toekoms, ryp wit staar kinders uit oor vaal veld in eie land. Goue […]

Waarom, Heer . . . gebeur dit telkens dat my denke emosies doen en late so uit konteks vibreer? Waarom verloor ek balans kry ek so maklik seer? Keer op keer besef ek weer hoe noodsaaklik dit is om nie te wil wees in beheer hoeveel ek nog het om te leer! Help my om […]

stroompie vloei sag en helder deur die varing woude van die kloof kabbelende geluide wat die oor streel elke nou en dan sit ek op die wal beskou die genade van water om die hoekies kom ‘n blaar droë blaar met passasiers daarop iewers het hul opgeklim en ry saam na waarheen die blaar ookal […]

rukwinde speel roekeloos met golwe wat rasend uit storm op ons skoon wit strand oral beweeg daar mense heen en weer op eie baan elkeen met iets in gedagte waarheen en van waar is dalk onbekend maar hul nood is sigbaar daar ©Teárlach

ry jy op die golf van intellektuele gedruis oor woorde of skryf jy wat jy voel soos net jy daaroor dink oudmodiese woorde wat dalk uit jou eie jongdae kom skryf jy uit die hart of skryf jy vir die eter verslind hul jou woorde soos slaai op warm dae waar lê jou siel dan […]

vroeg op strand sien elke spoor van nag elke sand wal wat verander of bly staan sigbaar strandlopertjie voëltjie van die dag steeds doelgerig langs waterlyn ou man kom sit raak rustig en droom gees sweef hoog bo wêreld rond elke woord geuiter kom uit sy eie milieu oudmodies dalk eie aan sy tyd ©Teárlach

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed