armada
stroompie vloei sag en helder
deur die varing woude van die kloof
kabbelende geluide wat die oor streel
elke nou en dan sit ek op die wal
beskou die genade van water
om die hoekies kom ‘n blaar
droë blaar met passasiers daarop
iewers het hul opgeklim en ry saam
na waarheen die blaar ookal gaan
klou vervaard aan mekaar
net effens later kom daar
weer ‘n blaar skepie afgedryf
ook gelaai met miere passasiers
wat regtig ernstig kwaad lyk
miskien is dit ‘n aanval
iewers gaan hierdie armada
uitspoel, gereed om te kan veg
blink geslypte knypers en opgewerk
gaan hulle aanvat wat voorkom
en dalk nuwe blyplek erf
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.