
seile
seile bol voor die wind
boeg sny vars deur die golwe
bo aan die mas ryloop ‘n meeu
vorentoe en agtertoe swaai
en draai wit sproei op
voor die wind gaan dit
afstande krimp en verdwyn
bruin arms en hande werk saam
son gebrand en gespierd
wit gesoute kuif vier
hoe ver wil jy vaar ou vriend
voor lê die suid pool en wag vir jou
agter, baie ver agter die land
waar wit huisies blink in mis
seevoëls ril op die strand
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.