Jongste aktiwiteit:

Goue Kinders

Onder wind verwaaide bloekoms
lê graf 216 langs
duisende andere,
uitgemyn, verniel
in Afrika.

Kinders gevoed op goud
gepluk met bloed
met geen geheue of begrip,
staar uit op groen velde
in Engeland.

In garing dun kombers
gehul teen koue honger
ń toekoms, ryp wit
staar kinders uit oor
vaal veld in
eie land.

Goue kinder gesigte
in werêlde van
weelde, armoede
sonder hoop.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed