retoriek en repliek bou ‘n republiek
my duin suis van die geluide
van sosiale media wat brom en bruis
telkens is daar nuwe hoogtepunte
van wêreld nuus en gebeure
elke dag se boodskappe
trek oor die eter en waai-faai
mense las emosionele sterte by
onwaarhede soos asemstote
hoor jy hier – hoor jy daar
dit bly ‘n nuwe gevaar
bly weg – staan stil
beskerm jou neus en bril
die middel van die storie
bly maar saai en vaag
moet nie jou ore uitleen
beter om tong te speen
trek net jou riempies styf
kry genoeg kos in die kas
drink genoeg water vir jou lyf
gereed om soms te vas
hef jou stem op na bo
sing gesange van jou jeug
dink aan alles wat jy glo
dankbaar en verheug
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.