wankelrig
op die spoor van ouderdom
stap ek nou al jare lank
vind nie wat ek soek
waar sou dit wees
so baie daaroor gelees
jonk van gees bly vrolik
swak van vlees getooi
soveel operasies
soveel nuwe blaadjies
weer ‘n kans op lewe
mens maak selfs uit wankelrig
‘n goeie lewe vol nuwe ervarings
elke dag vol nuwe pret en plesier
meer rusdae om te herstel
maar staan telkens op
eers maak herinneringe seer
hoekom het ek nie maar
meer gedoen toe ek kon
voller lewe gelei met minder werk
meer saam met geliefdes
met elke wankelrige stap
kom nuwe dag se mikpunte
more stap ek verder
vinniger om die blok
dalk eendag drafstap
drome kos niks word vertel
terwyl ek droom vlieg ek ver
maar word steeds moeg
moet gaan sit en rus
wakker word is sleg
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.