Hoopvol drome (Triolet)
Fontein-trane stort neer oor barre land waar smagtend my drome lê en beef hoop volg skugter, smelt diep in hartwand fontein-trane stort neer oor barre land waar son ewigdurend geesdriftig brand daar kan my hart asemhaal en vergeef fontein-trane stort neer oor barre land waar smagtend my drome lê en beef © Taai Bonthuys
Wanneer dit stil word . . . en sy dans
Wanneer dit stil word jou voete nie meer kan weg hardloop van die gemis in jou hart Wanneer dit stil word niemand meer met jou praat hoor jy net nog die stemme van gister in jou hart Wanneer dit stil word daar niks is om jou meer te verlaat klem jy vas aan die herinnering […]
siniese oë
soos visse in ‘n skool gevange in ‘n sleepnet worstel en gaap om asem speel prentjies van gesiggies telkens voor my kykers oog een: amandelvormige gesiggie met sagte soekend oë wat vra met mooi blosende gesiggie wat skyn met sigbare lyntjies van alleen-wees om die lippies wat probeer lag twee: ervare gesiggie met lewens lyne […]
Ek onthou – die beeld van jou dood.
By knetter van jou vuur het ons vinke saam vergaar gelok deur jou sterk vuurgloed wat ons vrolik verwarm onder pyndruppels wat val begin jou vlamme stadig versmoor jy klap en kraak nou al hoe minder jou vlam kromgetrek deur erge pyn ons dans onwetend om jou kwynende vuur wat ons wegstoot met koue-seer al […]
Woord-konstellasie (my hemelsfeer fluister woorde).
Pastiche (met apologie aan René Bohnen, Mensboom) Gist’raand het uit my oë blink gebloei skeurend oor ou verseëlde littekens gevloei rou het my diamante rein gelê in vergete hoop ontbloot voor hartseer my ontstoflike skat versigtig omwandel melkweg my onthou tot my verdonkerde aarde verwit tot pêrelsnoer ek droom nou binne ver planete se wentelbane […]
Die koue waarheid.
Jôh-jôh-jôh! Wat ’n wrede ontnugtering het ek nou die aand nie gehad nie. Yskoue water het my lyf skoon nugter-hoendervleis-wakker geskok. Ek praat nie van om op ‘n hittige somersdag in ’n heerlike koue swembad in te duik nie. Ek praat van yskoue, blokkies-ys badwater wat jou hart sal laat gaan staan van skok. Verbeel […]
kyk en sien
soos ‘n oog deur die see mis sien ek elke dag meer wat aangaan ek sien die donker wolke wat hoog troon voel die nat druppels reën op my val ek hoor mense wat luidrugtig sing kinders wat sing, huppel en dans mense wat plesierig gesels ‘n verwagting in die lug iets moois wat kom […]
Kersfees. Rumtumtum.
Voel julle dit ook? Dis Kersfees! Die klank van slee klokkies, kinders wat vrolik lag, Kersvader wat “ho ho ho”, takbokke wat tak en Mariah Carey wat keel-roggel geluide maak wat klink soos “All I want for Christmas…”? As jy soos ek is, het jy ook nou so bietjie in jou mond gekots. Dis nie […]
Genade-dans
Genade-dans Het jy ook vandag die reën geruik; die blomme sien dans in die hemel se glans? Het jy ook vanaand die stilte gewaar; die maan sien skyn oor n sterre-tuin? Dan het jy ook seker n storie gaan haal, van liefde wat hunker en n prys kom betaal! Dan het jy miskien ook die […]
Dans van die rolbos
Dans van die rolbos Dans van die rolbos, alom en alom… Soos ou blik-kitare en die “doef” van n trom. Rol oor die rante geblaas deur die wind, bo-oor die klippe, speels soos n kind. Sweef oor die bome soos n vlieër in vlug; draaiend en swaaiend, hoog in die lug. Saai so sy sade reg […]