Genade-dans
Genade-dans
Het jy ook vandag
die reën geruik;
die blomme sien dans
in die hemel se glans?
Het jy ook vanaand
die stilte gewaar;
die maan sien skyn
oor n sterre-tuin?
Dan het jy ook seker
n storie gaan haal,
van liefde wat hunker
en n prys kom betaal!
Dan het jy miskien ook
die wete gewis,
dat die dans van die lewe
n genade-guns is!
5 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2019 projek - Dans asof niemand sien nie
-

Marsofine
Wat 'n pragtige vers met soveel waarheid in.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Ja Andries ek sal daai dans nooit vergeet dit is diep ingekalwe binne my. Goed gepen.