Elsa verloor haar selfoon vir ’n dag.
“O, blikkies!” In afgryse staar Elsa na die kattebak van haar voertuig, bewend van haar reëndeurdrenkte klere. “Deksels, Elsa! Wat het jy nou aangevang? Eers verloor jy jou selfoon en nou dit.” Sy loer weer ongelowig binne-in die motor. Haar handsak staan mooi, uittartend op die passasiersitplek toegesluit. Verergd stap sy terug agtertoe en haar […]
Ons liefde skitter
Onder sterre se sagte wens is ’n maan geweef net vir ons vanuit stof gedelf uit donker se bogrens kweek ons liefde onbegrens onder sterre se sagte wens is ’n maan geweef net vir ons vanuit stof gedelf uit donker se bogrens kweek ons liefde onbegrens ons oë starend na mekaar op ’n bank by […]
My siel wil tiekiedraai
Wanneer ek droom in ’n ander wêreld gaan dwaal vind ek my gevlerkte siel besig om vrylik te baljaar ek kan kaalvoet tiekiedraai in ’n kleurvolle heide, behae omring met lewensblomme fraai heerlik, drentelend in loskommer dae swewend op maat van eolusharp verkennend in dwarrels van my brein my siel onbevange vry huppelend op weerklank […]
GOUE PÊRELS
Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai. Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur geblus. Stroopsoet, stil is die nag […]
Vertrapte hart
Bitter-suur kus rooidagbreek jou kil asem bedek ons liefde pynlik eggo jou aalwyn mond wat eens mooi was is nou verskeur, aan flarde my vel hunker na jou geurige omhelsing hemelblou-oë wat wolf-fluit oor my lyf ek hoor nie meer jou bekende aroma my ore smag jou heuning-warm stem jou reuk sien ek in my […]
Vergifnis maak jou vry.
“O, gorrel!” Nadia klou krampagtig aan die motordeur. Die wind dreig om dit uit haar hand te ruk tussen die vlae kletterende reëndruppels wat neerpiets op die wit Volla se dak. Sy leun oor na die pasasiersitplek, trek die sambreel nader wat skuins teen die sitplek staan-leun en bring dit uit na buite. Haar duim […]
Om te sê of nie te sê nie
Terwyl ek in die ry langs die besige toonbank staan, loer ek so versigtig moontlik of daar enige tekens is dat die winkeleienaar of personeel ʼn seëngroet sal waardeer. Ek meen nou maar net dat ek nie wil hê hulle moet Sekuriteit roep omdat ek dalk die vervloekte “K” woord gebruik het nie want dit […]
perspektief
uit die hoek van my oog sien ek ‘n veldmuisie rond sluip in sy oogpunt is hy heel veilig uit my oogpunt is hy ‘n pes in die veld is hy veilig tot bruin valkie kom in my huis waar hy nou is soek hy sy dood ©Teárlach
Stil my hunkering
As laaste goud van die dag oor vlaktes van my hart kom nestel en tarentale se skel gesange droewige verlange in my hart aanwakker kyk ek op na daar waar sekelmaan trots sy kop bo hemelliggame kom hang en vlonkerende sterre in die hemelruim speels vir my knipoog vir my glinsterende trane dan stuur ek […]
Bouval van gister
Afgeëts in dagbreek kleure verrys spookagtig uit die aarde afgetakeld, gryse bouval van wat was, lank gelede eens ’n prag hemelhuis kamers gevul met liefdeglans koesterend vrolike kinderstemme jare vol lewe gevul veilig was huis bewaar tot woeste wêreld winde met vingers uitmekaar pluk net flenters agterlaat onkruid rank soekend beur skeure treurend oop koesterende […]