liewe aarde
liewe aarde my verblyf is hier so kortliks tog is dit my geskiedenis geboek gisters was nie almal lekker nie maar die toekoms wink steeds liewe aarde elke dag se sonskyn oomblikke skyn tot diep in my siele vreugde selfs die wind bring my net liefde al dra dit sand en goggas aan liewe aarde […]
oud vroom oud
na slegs vyf jaar op my duin sak daar ‘n rustigheid oor my neer ten spyte van jare se adrenalien bestaan het my siel sy tuiste gevind oor die blou see dink ek vanoggend aan vroomheid en ouderdom meeste mense raak soms skielik vroom wanneer hul ouer word en begin besef hul tyd loop uit […]
Waar jy is
Waar die dag se laaste sonstraal uitgeput oor die randjie streel dis waar ek jou gesig gaan haal as die nag die dag se laaste lig steel. In die louwarm voue van die berg koester sy my verlangende blik lê sy ongestoord en ongeërg terwyl die nag die dag insluk. En ek bly hang soos […]
belofte
oor my duin hang daar die rokies van fees vure meeste maar net braaivleis vure vakansiegangers wat ontspan gedagtes gaan oor beloftes uit nood maak mense beloftes – geloftes my siel sweef oor die baai meeste families sit en eet om die kaai vrolike stemme van kinders en groot mense verbreek die anderse stilte van […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was die jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker […]
Liefde vir my kinders (Engelse Sonnet)
Laat liefde vir my spruite nie versprei in oggendwind sagkens koester teen my ruite waar my hartklop warm klink weef geduld sorgvuldig deur my wese soos vlamme hoog vure stook help my Heer met regte keuse alle wysheid vassoom ook gewis is ek van vlees gemaak feilbaar met ’n hart van goud eendag sal verstaan […]
My wingerdlief
Kom dans met my waar gode nektar verbou in soet skatte verkry wonderskoon trou onder soel somer lag waar wingerdmelodie jou voete meesleur sag op geurige wit roos rapsodie met smaraggroen wingerdkleed bedek Langeberg sy voet luister, kopkantelend gereed na suid-ooste wind se koel-groet stralend, lag kristalblou lug wink trots na druppende juwele verhef soet […]
Rookkomberse
As rooiskeut wolke klaar kurktrekke stoot, skyn die gedoogde son se geel lutteloog bo-op die bergpiek. En dié organgsnote van jou gesig skerm in die lug. Omdat jou liggaam het as ñ elektriese sondeel die poolhemel binnegedring, en onsaggewende gordels en gordyn geelgroen lig laat dans deur ñ sterrehemel wat met kosmiese ritme boë vorm. […]
ek is net ek
vorm jy gedagtes oor my gedagtes in jou kop oor wie ek is mooi indrukke mag dit wees … hulle is joune dit te verander, is onmoontlik vir my jy sal dit maar self moet doen want dit is nog steeds net indrukke oor my niks wat jy sien of dink is ek ek bly […]
Maandagoggend
“Pieter! Sy gaan spring!” Geskok kyk ek hoe sy Johan lospote neervel met een beweging. Dan rondkyk en koers kies reguit bos toe. Johan staan beteuterd op en skud die stof vies van hom af. “Dit sal nou gebeur! Dis mos ‘n Maandagoggend!” skel Johan verergd. Pieter skree iets onhoorbaars en die mans nader die […]