My woorde
As my woorde ’n vroeë dood sou sterf my witpapier sy asem verloor sal ek gaan tiekiedraai in die oostewind se koue arms tot ganspuisies my oortrek ek sal luister na gekwetter van voëlgesang tot my ore vir my fluister my oë bejeen kwashale van die aandrooi drink elke kleur in want hoe kan my […]
silwer rantjie
stil in die aand se geluide verstil my hart in jammerte ru word ek herinner aan ‘n tyd toe ek jou geken het om my lyf ek wil gaan sit en stil word met ‘n warm arm om my skouer wat my sagkens vasdruk en koester wat my siel laat stil word en fluister ek […]
Sand druppels
sand in die ligte wind wat optrek oor die see verskuif my duin stadig nader aan die see se golwe elke meter gewen troon oor alles vorm nuwe sitplek vir voëls en fynbos my sitplek staan droog en pryk hoog kyk uit van links na regs wes na oos oor uitgestrekte blou golwende see geankerde […]
pensioenaris
effens verskuil agter vlieswolke skyn die son maar skraal oor die see dood gewone somersdag in my lewe wonderlike werklikheid van lewe my duin is rustig en alleen weinig vakansiegangers sover groot storm gaan binnekort verskyn voete en sambrele ten spyte van wind elke dag is soos die volgende verskil weinig van die voriges opstaan […]
Die dans van die verlore kind
Stil wil ek getuig, asemdiep in my roer ek die roes van die dag met sy langlag sweet; koel is die nag sé greep – ek het my skoene in my beursie vergeet skoenloos-dronk savoureer sonder weet; te wete van die dans – lê daar ‘n morsdood kat; swart is die kat, stil in sy […]
My kleivlerke
vandag wil ek my kleivlerke sprei op die klanke van Mendelssohn tot verby die Jordaanrivier om daar ‘n olyftak te soek wat nuwe drome sal bring my voete sal kwartelspore maak op Vivaldi se vier seisoene wat dool op die wind sweef op die groenduif se vlerk ‘n sfeer van voldoening laat kring dartels van […]
Soet van vergifnis
die nadraai van jou omgee lê bitter in my siel maar in vergifnis vind ek die soet ©Jessica Venter 2/12/2019
nagtrein
in my dof verligte kopee skommel ek heen en weer op sitplek-groen slaapbank met blou komberse so knus suis eentonig die nagwind klikke-klak oor staalsparre wat telkens verbuigend wys rigting hou oor veld en brug my liggie flits vervlietend oor bosse en stasie-teëls snel voort op woeste rit nagtrein stop nie weer kondukteur reeds sy […]