My woorde
As my woorde ’n vroeë dood sou sterf
my witpapier sy asem verloor
sal ek gaan tiekiedraai
in die oostewind
se koue arms
tot ganspuisies my oortrek
ek sal luister
na gekwetter van voëlgesang
tot my ore vir my fluister
my oë bejeen
kwashale van die aandrooi
drink elke kleur in
want hoe kan my woorde sterf
my witpapier sy asem verloor
met die skoonheid en Godsvrede
van die skepping om my.
© Taai Bonthuys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.