My kleivlerke
vandag wil ek my kleivlerke sprei
op die klanke van Mendelssohn
tot verby die Jordaanrivier
om daar ‘n olyftak te soek
wat nuwe drome
sal bring
my voete sal kwartelspore maak
op Vivaldi se vier seisoene
wat dool op die wind
sweef op die groenduif se vlerk
‘n sfeer van voldoening
laat kring
dartels van my hande vry laat tas
deur Wolfgang Amadeus
se elfde sonate klanke
wat deur die donker eklips
sal dring
vandag wil ek my kleivlerke sprei
bedelbakkies met my hande maak
onbeheersd huppel en dans
terwyl my voete luid
hallelujas sing
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.