Jongste aktiwiteit:

smagting

neem my saam
op jou reise vanaand
waar jou siel gaan sweef
oor afrika se sonskyn
oor riviere en berg
oor die natuur
se prag

neem my saam
op jou reise vandag
waar jou oë alles sien
van mens en dier
wat swoegend
stry om lewe
te behou

neem my saam
in jou geestes oog
waar jy nog droom
van nuwe wêrelde
nuwe uitkomste
kabouters, feë
hoop, liefde

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed