Jongste aktiwiteit:

pensioenaris

effens verskuil agter vlieswolke
skyn die son maar skraal oor die see
dood gewone somersdag in my lewe
wonderlike werklikheid van lewe

my duin is rustig en alleen
weinig vakansiegangers sover
groot storm gaan binnekort verskyn
voete en sambrele ten spyte van wind

elke dag is soos die volgende
verskil weinig van die voriges
opstaan – eet – werk – eet – slaap
lees woorde van profete en skrywers

al sweef my siel nie elke dag
is die wete dat vryheid wel bestaan
binne raamwerk van dit wat lewe maak
byna soos ‘n dagloner se verwagting

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed