Jongste aktiwiteit:

Die dans van die verlore kind

Stil wil ek getuig, asemdiep in my
roer ek die roes van die dag
met sy langlag sweet;
koel is die nag sé greep –

ek het my skoene in my beursie vergeet
skoenloos-dronk savoureer sonder weet;
te wete van die dans –
lê daar ‘n morsdood kat;

swart is die kat, stil in sy kyk
stil is ek, swart soos sý lyk
dof die pyn, nog die wyn
om die rondomtalie om, lyk hul nes spoke;

aalglad gly die vloer, gluipend wil hul ons roer
onder die oggend son, agter die goëlste maan;
lui was die dag in sy kokon
braaf lag die nag in sy graf

stil wil ek asemdiep getuig
vrolik sal ons juig
daar waar ons swartlyke lê en dans;
daar waar die katt’e oor ons einde dans.

©Morné du Preez




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed