Jongste aktiwiteit:

silwer rantjie

stil in die aand se geluide
verstil my hart in jammerte
ru word ek herinner aan ‘n tyd
toe ek jou geken het om my lyf

ek wil gaan sit en stil word
met ‘n warm arm om my skouer
wat my sagkens vasdruk en koester
wat my siel laat stil word en fluister

ek wil nog so baie doen
my hart en siel nog te jonk
om nou reeds te verstar in koue
ek vrees die stilte van vakansie tyd

my siel juig en soek na bo
my hart flikker oor elke prikkel
my gees raak bedroewend en treur
wanneer daar niemand oopmaak nie

tog weet ek dat tyd wonde genees
ek wil…ek wil… nog so baie leef
my hart en siel wil nog ver sweef
ek wil… ek wil… ek wil… uitbreek

tog besef ek dat ek alleen sterk is
my liggaam herstel homself van seer
my siel staan op en sweef voort
al vat my hand jou hand sag mis

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak