Ons liefde skitter
Onder sterre se sagte wens
is ’n maan geweef net vir ons
vanuit stof gedelf uit donker se bogrens
kweek ons liefde onbegrens
onder sterre se sagte wens
is ’n maan geweef net vir ons
vanuit stof gedelf uit donker se bogrens
kweek ons liefde onbegrens
ons oë starend na mekaar
op ’n bank by Okeanos se sand
onder skitterende diamante se stof
sing ons harte saam in lof
ons het eensaamheid uitgestof
onder sterre se sagte wens
is ’n maan geweef net vir ons
vanuit stof gedelf uit donker se bogrens
kweek ons liefde onbegrens
onder sterre se sagte wens
is ’n maan geweef net vir ons
vanuit stof gedelf uit donker se bogrens
kweek ons liefde onbegrens
en ek hou
liefde toegevou
toegevou in melkweg se gewaad
net vir jou
my liefde inderdaad
gekweek in pêrelsaad
vanuit heelal se sieraad
glimlaggend knipoog maan
dans triomfantlik saam glinstererende sterre
want ons liefdesband
is in ons siel ingebrand
en kom in ons woorde te land
onder sterre se sagte wens
is ’n maan geweef net vir ons
vanuit stof gedelf uit donker se bogrens
kweek ons liefde onbegrens
onder sterre se sagte wens
is ’n maan geweef net vir ons
vanuit stof gedelf uit donker se bogrens
kweek ons liefde onbegrens
kweek ons liefde onbegrens.
© Taai Bonthuys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.