Jongste aktiwiteit:

eks ‘n dapper vlieg

eks ‘n dapper vlieg kyk hoe vlieg ek deur die stal
daar is niks waarvoor ek skrik nie
ek vlieg deur die stal en gaan sit net waar ek wil
daar is niks waarvoor ek skrik nie

en die koei se stert?
ooo!! die koei se stert!!! o behalwe die skoei se stert is daar niks waarvoor ek skrik nie.
eks ‘n dapper vlieg kyk hoe vlieg ek deur die stal
daar is niks waarvoor ek skrik nie

en boer se plakkie???
oooo! boer se plakkie… behalwe die koei se stert en boer se plakkie..is daar niks waarvoor ek skrik nie…
ek vlieg deur die stal en gaan sit net waar ek wil
daar is niks waarvoor ek skrik nie

en die blikkie doom?
oooo!!! die blikkie doom!!!! behalwe die bees se stert, en boer se plakkie, en die blikkie doom,, is daar niks waarvoor ek skrik nie!!!
ek ‘n dapper vlieg..daar is niks waarvoor ek skrik nie…
al skryf ek die geskiedenisboeke oor vlieg ek ongestoor…

en… die paar uur wat jy het om nog te lewe?

oooo!!! die paar uur wat ek nog het om te lewe!!! …..ja ek beter maar gaan sit en my koei se stert, en my boer se plakkie en my blikkie doom vat, voor ek sterwe!!!

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed