as die kerkklokke lui (silwer)
wanneer winter vroeë môre sluimer-sloer, songesig skuifel-skuifel, knipoog-loer rafelhang ‘n asgrys wolkjas kort voor lank waar onewe horlosiebene drentel, skuins na ag ewe hinke-pinke, skamerig alom die skilferende plooigesiglyne waaragter kerkklokke nou luidkeels dog hoogheilig langsaam huil dreunerig snikkend in klingel-klang herroep dan ‘n era van jare lank, draai honderde sonsopkomste terug en my kaalvoetkind […]
sirkel
– soos ons weerpatrone seisoenaal in sirkels rondskuif so skuif mag in die hande van nasies magtige nasies soos die romeine karthagiërs en supermoondhede eers bou die mag op tot hoogste dan verval dit jammerlik – soos gewoontes en kulture deur die eeue wisselend verander gemaal en verskeur deur allerlei invloede eens heilige idees van […]
Poort van die heuningbye – Hoofstk 26
Poort van die heuning bye (H26) Die maande gaan verby, Brain werk lang ure saam met die werkers aan die pas. Deur die vallei galm die kap van klippe naweke bou hy sy huis met klippe, dan help selfs Paul, Floors en Kobus mee. Tussen Paul en Brain is daar geen kwaai gevoelens nie. Paul […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 25
Poort van die heuning bye(H25) ʼn Jaar na die ondertekening van die Vredesverdrag het Paul, Floors en Gideon terug gekeer vanaf St Helena Eiland hulle het die eed van getrouheid met die mond afgelê maar nie met die hart nie. Vir Tilda was dit ʼn heuglike dag toe haar Vader en Broer terugkeer. Sy kon […]
My huis is my woning
My huis is my woning My huis is my woning, maar my woning is waar ek tuis is. My woning is waar my hart is. Dis die plek waar ek lafenis soek na ‘n lank dag buite. Hier lewe herinneringe in elke vertrek. Dis my Elim na die dolheid van die stad. Ek kan oral […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 24
Poort van die heuning Bye(H24) Kobus sit op sy voorstoep langs hom staan ʼn beker stomende koffie. Hy suig diep denkend aan sy pyp terwyl hy oor die vallei staar. Die vrede van Vereniging is eindelik geteken op 31 Mei in die groot tent te Vereeniging. President Burger het geteken namens die Transvaal, De Wet […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 23
Poort van die heuning bye(H23) Kobus was vir die dag na die dorp, wanneer hy terug kom swaai hy opgewonde ʼn brief voor Lenie. “ Lenie, die magistraat het my geroep en hierdie brief aan my oorhandig dit is so waarlik vanaf Paul, vanaf die eiland St. Helena! ek is so nuuskierig wat hy te […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 22
Poort van die heuning bye (H22) Brain Mc Clacghlan sou nooit kon dink dat sy dae as soldaat sal eindig by die slag Van Modder en Riet Rivier op 9 Desember 1899 nie. Generaal Koos Del La Rey, ʼn afstammeling van ʼn ou Nederlandse familie en ʼn erg gelowige man moes tesame met Generaal Piet […]
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]