Daar’s ‘n wilde wind wat waai
DAAR IS ‘N WILDE WIND WIND WAT WAAI daar’s ‘n wilde wind wat waai my siel onrustig, deurmekaar in rigtings ver verwyder na wanhoop van die lewe se ashoop daar’s ‘n wilde wind wat waai deur hartstog en verdriet van verlies lankal verlore in donker grotte versteek en afgesonder daar’s ‘n wilde wind wat waai […]
Dit Roer in my Hart
sagkens voel ek die trane wanneer een voor my staan en jy sien die hart se ruk met ‘n stem wat breek en jy weet hierdie mens se seer lê dieper as wat jy dink jy beleef jou eie seer van die verlede reeds lankal verby verwerk in vrede en vra jouself af in jou […]
Hy was toe ook bad news (Silwer)
Hy het my gefriend request, my eerste liefde, op facebook – sy gesig na veertig jaar ‘n agteroorskopskok van seer en dwarrels en vrae van waar en wat, hoekom, van onthou en wat kon wees – ons vier dekades vloei, versmelt so bitterseer met my hart se steeds bekende gloed. Maar so ewe diskreet, het […]
grond
(silwer) daar is nou niks meer wat die grond terughou nie die wind was nog nooit so wild soos nou nie sê my ma toe ek bel uit die Kaap die sand staan op soos mis en skuif in vlae onbetrokke treine tussen plaas- en werkershuise deur my ma sê dis die ergste droogte in […]
Die Boland is nou nat genoeg. Baie dankie.
Ek wens ek kon die reën beveel om te val oor die Karoo – daar waar geen mens of dier nog glo dat die water weer sal vloei nie, daar waar stof en sand hul brood is, waar wanhoop (soms) oneindig groot is, waar die lammers vrek en als wat leef en beef wil trek […]
reis in e
soos ‘n wafferse elsbekkie wals ek heen en weer oor my duin elsskerp sweef my gedagtes in woorde maar die sinne bly elusief en vaag driftig stamp ek dan my kierie met sy elpebeen knop emansipeer ek van my woord-armoede na blare in die elimheide waar ek elkeen kan slyp tot straat digters vergryp ©Teárlach
eer
wanneer die son so skyn dat die sand oranje kleur en die wind het gaan lê dan blink my hart se ster oorkant die baai lê berge in skakerings van blou mistige silhoeëtte figure wat kom en gaan in lig hier by my breek meeue skulpdiere se doppe oop slurp die binnegoed op in luidkeelse […]
Huil
Huil Huil maar liewer liewe kind strooi jou swaarkry op die droë stof van vergange vestings en soos ‘n skroeiskerm teen die son lok jy daarmee ‘n lowergroen skouspel van sierade met patrone van laplande teen weergalose wolklose hemele in skemerskadus wat jou tragedies toedraai in kantlose katoen en wegbêre tot more..
Harde Bene
Sonder woorde of rusie leef jyself die illusie van gewoonte met liefde vergis Niks meer niks minder as dít wat dit is; die som van alles wat jy innig betwis soos daai stokou jigsiekhond (sonder tande in die mond) wat leepoog staar vanwaar dit bekaf kluif aan harde bene wat jý hom maak kou – […]