proe
bitterste gal kom uit ‘n blaar warmste as val uit ‘n doringboom seerste steek is van brandnetel dorings soos vretende suur is sop uit ‘n botsende tor pynigend is die herhaalde steke van rooi perdeby soos kole vuur brand bloublasies op strand lastiger as muggies in jou oë is daar min soos musiek op my […]
As Die Donker weer kom
Jy bou ‘n huisie van kaarte. Elke kaart ‘n hoop. ‘n Droom. ‘n Wens. ‘n Aspirasie. ‘n Verlange. ‘n Begeerte. Jy werk hard. Jy glo. Hierdie gaan ‘n pragtige huisie wees. En dan, kom ‘n wind en die huisie stort in duie. Dalk is dit nie eers ‘n harde wind nie, maar ‘n ligte bries. […]
boks
flink en lenig klim deur die toue uitgekyk deur vermaarde straat vegter met vloedgolf van wilde houe verlaat hy die kryt traumatiese geheue patrone van mislukking ingehamerde oorlewingsdrang verlos slag op slag word verower kop bly skoon weet hy wanneer om uit te tree dan bly hy so ©Teárlach
waar
waar dowes blindes hoor en blindes dowes sien kamma-land in tyd waar slimmes domheid begeer en dommes slimheid leer kamma-land in tyd waar dooies lewe propageer en lewendes dood maak kamma-land van tyd waar haat , liefde bemeester en liefde haat wil negeer kamma-land van tyd waar alles verwyl in tyd en tyd verwyl in […]
Die frekwensie van gees(brons)
Daar is soms spiraal frekwensies van ons gedagtes wat in die diepste denke van ons gees vrede vind in die wildste wind veerlig stil vlieg kalm toe oë storms bedaar. ©Morné du Preez
koordinasie
waar meeue oor die see sweef golwe kort op mekaar op strand uitspoel skulpdiertjies van huisie verander en grawe wind die seewier op strand uitstoot en verdroog seevoëls hul kroppe kom volmaak aan seekos selfs kraaie soms kom aas op die strand daar is koördinasie in werking daar net langs my duin leer ek van […]
Storm
Ek is ‘n storm diep toegesluit in die verlate vlaktes binne my Ek is ‘n storm warrel-wind oor die uitgedorste holtes binne my Ek is ‘n storm wat branders breek en name vergeet binne my Ek is die storm binne my. ©Morné du Preez
Momente in Strate
MOMENTE in STRATE….. Ek Waarheid My, jy, jou en ek vuil kaste vol geraamtes Gesigloos ons waarheid reduseer tot stof. Verlore Ousie Op die straat hoek versplinter arm aan… kos, liefde, warmte, mens en bang. Heelal In die hol. niks, kyk kyk…. alles is mooi. stadig lelik deur jou bril. Nou Kamers Mure omring, vol […]
Spitsverkeer deur Lynelle Clark
Spitsverkeer is refleksie tyd, veral wanneer jy wag om jou eindbestemming te bereik. Dit is die tyd wat jy werklik luister, hetsy na musiek, die dag se nuus of in gebed met die Hemelse Vader. Ander kere kan dit ‘n heerlike kuier tyd wees. Juis omdat jy en jou reisgenoot afhanklik is van mekaar se […]