Jongste aktiwiteit:

koms

goeie dinge kom net vir dié
wat die geduld het om te wag daarop
soveel jare het verby gegaan voor my duin
sy ontstaan gehad het in die winter van ‘n jaar
toe storm winde om ons gewaai het
duine gevorm en verwoes het

om goeie dinge te bekom
is daar ‘n gejaag na wind in jou lewe
wil jy dit gaan haal, lank voor dit jou dalk toekom
belê jy alles, ten koste van mense om jou en naby jou
totdat jy op een oomblik kom en besef
dat jy dit lank reeds bereik het

daar is ‘n sekere kuns daarin
om goeie dinge om jou raak te sien en te geniet
goeie dinge kom nie vanself nie, geduld word beproef
jy moet soms lank en hard werk daarvoor
dan lê die geniet daarvan ook nog
grootliks in die deel daarvan

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed